Books By Kobus de Kock

Die “Feathers” trilogie; “A Breath of Feathers,” “Feathers on my Mind” en “In Feathered Quest” is ‘n versameling van uniek Suid Afrikaanse voëljagstories. Die meestal humoristiese of tong in die kies stories word afgewissel met meer filosofiese artikels oor die etiek en estetika van voëljag. Die wisselwerking tussen die jagter en sy honde, die voëls en die natuur en die belangrikheid van vriende is die romantieke ondertoon waarop die verhale gebou is. Alhoewel nie sterk tegnies van aard nie is daar genoeg in om beginners touwys te maak en die ouer manne te laat glimlag met ‘n glas rooiwyn in die hand. Kobus de Kock is ‘n passievolle natuur en buitelewe entoesias wat sitrus boer om ‘n lewenslange liefdesverhouding met sy-aan-sy haelgewere en Springer Spaniels moontlik te maak. In hierdie moderne era van ongehoorde druk om by te hou by ‘n wêreld van snelle verandering, vind Kobus sy vrede en rustigheid in die veld, agter sy spaniels aan op soek na sy geliefde veerwild. Na baie jare se soek het hy agtergekom die perfekte jag is wanneer sy vriende, honde en voëls kombineer in die grootheid van God se skepping.  

Books can be oredered from Classic Arms 013 6562923
To order Books click here


No comments: